Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Swart Villanelle" deur FERDI GREYLING
"Swart Villanelle" deur FERDI GREYLING [boodskap #29991] Do, 20 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Villanelle
Ferdi Greyling

Die mure van die dag stort nou ineen.
Geen lig kan jou beskerm teen die nag.
Donkerte val oor die stad soos reën.

Huise, mense, en alles van die dag
sink in die donkerte wat om jou vou.
Die mure van die dag stort nou ineen.

Die dowwe val van deure in die nag
die enigste musiek wat opklink nou.
Donkerte val op die stad soos reën.

Woorde wat gister blink was in die dag
val vandag glansloos, dood en sonder krag.
Die mure van die dag stort nou ineen.

Geen maan of sterre skyn in hierdie nag.
Diep in swart koue is jy nou gevou.
Donkerte val op die stad soos reën.

Oor die eens heldere stad van my dag
lê daar nou hierdie skadu van jou nag.
Die mure van die dag stort nou ineen.
Donkerte val op die stad soos reën.
Re: "Swart Villanelle" deur FERDI GREYLING [boodskap #30040 is 'n antwoord op boodskap #29991] Sa, 22 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ten minste werk hy... kan jy beter doen?

Phatti skryf in boodskap news:HVNL4.6302$xA.16768@news.iol.ie...
> nog 'n kakker gedig deur Ferdi Grilling. . .
>
> skryf in boodskap news:38FF3C83.B839E1BC@home.com...
> Swart Villanelle
> Ferdi Greyling
>
> Die mure van die dag stort nou ineen.
> Geen lig kan jou beskerm teen die nag.
> Donkerte val oor die stad soos reën.
>
> Huise, mense, en alles van die dag
> sink in die donkerte wat om jou vou.
> Die mure van die dag stort nou ineen.
>
> Die dowwe val van deure in die nag
> die enigste musiek wat opklink nou.
> Donkerte val op die stad soos reën.
>
> Woorde wat gister blink was in die dag
> val vandag glansloos, dood en sonder krag.
> Die mure van die dag stort nou ineen.
>
> Geen maan of sterre skyn in hierdie nag.
> Diep in swart koue is jy nou gevou.
> Donkerte val op die stad soos reën.
>
> Oor die eens heldere stad van my dag
> lê daar nou hierdie skadu van jou nag.
> Die mure van die dag stort nou ineen.
> Donkerte val op die stad soos reën.
>
Vorige onderwerp: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers
Volgende onderwerp: Vir Arthur - 'n gedig oor Strandlopers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:32:21 MGT 2024